Brief uit die Hoof se pen...
“Elke kleuter is nog ryk aan verbeelding en in my mening ‘n ongeskilderde doek waarop ons as volwassenes; ouers en onderwysers die pragtigste kunswerk kan skep, die verbeeldingswêreld te ontwikkel en om hul te ontmoet op hul ouderdomsvlak.
Kinders kan ook vergelyk word met ‘n motor met 4 wiele. Hierdie wiele moet almal min of meer ewe hard gepomp word vir die motortjie om gemaklik te kan ry. ‘n Kleuter se 4 wiele is sy: Sosiale-, Emosionele-, Fisiese- en Intellektuele vaardighede. Dit is ons as volwassenes se verantwoordelikheid om hierdie vaardighede optimaal te ontwikkel.”
Getuigskrifte
"Graag wil ek hiermee 'n getuigskrif rig aan KleuterZone Bloemfontein. Beide ons kinders het vanaf Januarie 2021 by KleuterZone aangesluit. Ons as ouers kon nie vir 'n beter skool en personeel vra wat deel vorm van ons kinders se opvoeding, holistiese ontwikkeling en veiligheid. KleuterZone is 'n top skooltjie wat ek vir enige ouer sal aanbeveel. Ons seuntjie word Mei, 3jaar oud en ons dogtertjie is tans 9maande oud. Meer gelukkig kan hul nie wees nie. Ons as ouers is ook baie beïndruk met die skool se veiligheid. Die skooltjie bied ook allerhande ander oulike aktiwiteite wat ons kinders doen. KleuterZone is voorwaardelik 'n indrukwekkende skooltjie wat enige ouer en kind kan baat vat."
Posted on Testimonials
I. van Deventer
February 21, 2025.
"Die skool en die personeel is wonderlik!! Elke kind kry liefde en baie aandag. Ek het 2 dogtertjies. Een is ongelukkig Pre-Primêr toe, maar kan nie wag om elke nou en dan te gaan kuier nie. Hulle was nog nie eendag ongelukkig of wou nie skool toe nie. Hulle word lekker bederf en leer net so lekker elke dag. Ek is nie eendag spyt oor my keuse nie. Rianka En haar span is wonderlik!"
Posted on Testimonials
C. Pretorius
February 21, 2025.
"Dis nie maklik vir n Moeder hart om haar kosbaarste besting te los by enige iemand nie. Bloemfontein se Kleuterzone het my gerus gestel van dag een af. Ons klein dogtertjie sien uit na haar maaitjies, sien uit na buite speel, broodtjies eet en haar hare vleg. Ek kan Rianka en haar span van bekwame personeel aan enige ouer aanbeveel. Ons kan sien hoe ons kleinding se kennis elke week meer raak. Sy as n twee jarige is te trots om vir ons sirkels oral te teken. Baie dankie aan Bloemfontein Kleuterzone vir dit wat hulle vir ons kosbare dogtertjie beteken."
Posted on Testimonials
l. Nothnagel
February 21, 2025.